Sel: +264 - 813154745
Tel: +264-63-262067
Faks: +264-63-262067
E-pos: jandev@iway.na
Pos Bus 1, Grünau, Namibië, 9000
Tuis | Wie is ons | Oorsprong | Teelbeleid | Veilings & Funksies | Gallery | Kontak ons
OORSPRONG VAN SIGNALBERG MEATMASTERS
Die Meatmaster is nog ’n baie jong ras.
Volgende Veiling:
SIGNALBERG MEATMASTER AUCTION
WEDNESDAY, 09 APRIL 2025 AT 11H00
ONLINE & ONSITE
FARM SIGNALBERG-GRUNAU
TO REGISTER FOR ONLINE BIDDING, FOLLOW LINK: https://agra.sdxmarketplace.com/
Digital Auction REGISTRATIONS CLOSE Tuesday, 8 APRIL 2025 @ 17:00.
All Agra Auctions clients MUST be FIA registered to participate in ANY auction. Follow the link for more information https://identitytoday.com.na/agra-ekyc
For more information and photos of animals on auction, please visit our website at: https://www.agra.com.na/index.php/stud-auctions/auction/1419
Die ras het in die vroeë 1990’s begin ontwikkel, maar het eers werklik momentum gekry nadat die Meatmaster Telersgenootskap van Suid-Afrika op 4 Februarie 2005 gestig is en die Meatmaster-ras formeel op 25 Mei 2007 in die regering se amptelike blad, die Gazette, erken is.
Gedurende 2009 het ek my eerste 21 Meatmaster-ooie en drie ramme gekoop. Daarna het ek by die voorste telers in Suid-Afrika, Clynton Collett, Henk Kearney, Danie Visser en nog ander bekende telers, ongeveer 130 ooie en ooilammers gekoop. Van ’n groep van 19 ooie waarvan ek rekord gehou het, het ek 77 lammers in twee jaar gekry, waarvan ek net een lam tot op speenouderdom verloor het. Die Meatmaster as ras het my geweldig beïndruk met hul lewenskragtigheid, moedereienskappe, groei, vleiseienskappe, vrugbaarheid, libido van ramme en trop gebondenheid.
Ek het seuns van die bekende ramme Buccaneer (CRC 70417), Rooinek (CRC 70180) en Hercules (CRC 70224) van Clynton Collett gekoop. Ek het Rooinek self later gekoop. Ek het ’n paar van Clynton se ou ooie gekoop wat vir my twee uitstekende ramme opgelewer het. Een is ’n seun van Buccaneer en een ’n seun van Rooinek. Hierdie aankope het gemaak dat ek geweldige vordering met my stoet gemaak het.
Prestasie toetsing saam met fenotipiese seleksie maak dat teelvordering baie vinniger plaasvind. Die een kan nie sonder die ander nie.
Tuis | Wie is ons | Oorsprong | Teelbeleid | Veilings & Funksies | Gallery | Kontak ons

