Sel: +264 - 813154745
Tel: +264-63-262067
Faks: +264-63-262067
E-pos: jandev@iway.na
Pos Bus 1, Grünau, Namibië, 9000

TEELBELEID BY SIGNALBERG MEATMASTERS

Ons gebruik die top ramme en hou self die bestes wat geteel word.

Volgende Veiling:

SIGNALBERG MEATMASTER AUCTION
WEDNESDAY, 09 APRIL 2025 AT 11H00
ONLINE & ONSITE
FARM SIGNALBERG-GRUNAU

TO REGISTER FOR ONLINE BIDDING, FOLLOW LINK:  https://agra.sdxmarketplace.com/

Digital Auction REGISTRATIONS CLOSE Tuesday, 8 APRIL 2025 @ 17:00.

All Agra Auctions clients MUST be FIA registered to participate in ANY auction. Follow the link for more information https://identitytoday.com.na/agra-ekyc

For more information and photos of animals on auction, please visit our website at: https://www.agra.com.na/index.php/stud-auctions/auction/1419

Signalberg Meatmasters glo daaraan om top ramme te gebruik en die bestes wat geteel word self te hou. In ’n kudde bepaal 3% ramme op 97% ooie die helfte van die teelvordering. Dit is die moeite werd om vir goeie ramme te betaal. Die belangrikste seleksie of teeldoelstellings is die eienskappe wat ons kudde se vrugbaarheid, gehardheid, aanpasbaarheid, tropgebondenheid, groei en karkaseienskappe beïnvloed en dit is wat werklik van ekonomiese belang is.

Goeie rekordhouding met goeie fenotipiese seleksie (hand en oog-metode) maak dat ons teelvordering die beste is. Die kans om ’n fout te maak is net baie kleiner. Die een kan nie sonder die ander nie.

Baie hoë vrugbaarheid is die eienskap wat die meeste geld inbring. Vir vrugbaarheid selekteer ons vir skrotumgrootte van die ram, meerlinge, interlam-periode en ouderdom van ooi met eerste lam.

Ons selekteer vir goeie vleisproduksie. Met rekordhouding kan jy bepaal watter ooi die meeste kilogram vleis per jaar (EPI) in haar groep gee. Jy kan ook bepaal watter ooi haar lam die beste grootmaak (MLI), of ooie van die tweelinggroep wat tweelinglammers die beste grootmaak. Daarvolgens gaan jy bepaal wat die grootte van jou diere gaan wees en wat die beste gaan produseer en groei onder jou omstandighede – nie soos op skoue waar die mooiste skape vir teling gehou word nie.
Ons selekteer vir ’n funksioneel doeltreffende skaap met die goeie loopvermoë en tropgebondenheid van die Damara.

Ons selekteer vir Meatmasters wat by die omgewing aangepas is, wat sy kondisie kan behou en onder moeilike omstandighede produseer. My ideaal is om geen diere te voer nie, behalwe onder baie moeilike omstandighede. Vir veilings sal die afronding van ramme ’n maksimum van 40 dae wees. Op die plaas sal ramme sonder byvoeding van die veld verkoop word. Stoetdiere word net soos gewone kuddediere hanteer. Dit sluit aan by die Meatmaster Genootskap se beleid.

Jong ooie moet verkieslik binne 15 maande lam. Daar sal gediskrimineer word teen ooie wat langer neem om te lam. Ons het drie lamseisoene in twee jaar. ’n Interlam-periode van 240 dae is my ideaal.