Sel: +264 - 813154745
Tel: +264-63-262067
Faks: +264-63-262067
E-pos: jandev@iway.na
Pos Bus 1, Grünau, Namibië, 9000

WIE IS ONS?

Volgende Veiling:

SIGNALBERG MEATMASTER AUCTION
WEDNESDAY, 09 APRIL 2025 AT 11H00
ONLINE & ONSITE
FARM SIGNALBERG-GRUNAU

TO REGISTER FOR ONLINE BIDDING, FOLLOW LINK:  https://agra.sdxmarketplace.com/

Digital Auction REGISTRATIONS CLOSE Tuesday, 8 APRIL 2025 @ 17:00.

All Agra Auctions clients MUST be FIA registered to participate in ANY auction. Follow the link for more information https://identitytoday.com.na/agra-ekyc

For more information and photos of animals on auction, please visit our website at: https://www.agra.com.na/index.php/stud-auctions/auction/1419

Ons Geskiedenis

Jannie en Heleen de Villiers woon op die plaas Signalberg in die Karasburg-distrik, Namibië. Die plaas is 20 km vanaf Grünau op die B1-roete na Keetmanshoop. Na 11 km teerpad draai ’n mens links af en ry 9 km grondpad. Ons het in 2009 met ons eerste Meatmasters begin en het nou al amper 700 geregistreerde ooie.

Oupa Jan de Villiers het Signalberg in 1929 gekoop en was een van die eerste karakoelstoet-telers. Die tweede geslag was Daan en Elda en ons is nou die derde geslag op die plaas.

Ons is ’n hegte Christen familie met vier dogters, twee skoonseuns en vier kleinkinders. Elna is getroud met Andy Wilson, ’n oftalmoloog in Athens, Georgia, in Amerika. Hulle het ’n seuntjie en twee dogtertjies, genaamd Asa, Ainsley en Adalie. Elrien is getroud met CJ van der Schyff, ’n Beafmaster stoetbeesboer naby Soutpan in die Vrystaat. Hy bedryf ook ‘n voerkraal op sy plaas. Hulle het ‘n dogtertjie, Mikali. Jana het haar BSc Agric Hons graad verwerf aan die Universiteit van die Vrystaat en werk in Pretoria in ‘n dierevoeding rigting. Daniel studeer tans BSc Agric aan die Universiteit van die Vrystaat.

Die dryfkrag agter ons onderneming is ’n passie vir boerdery. Ons doelwit is om goeie kwaliteit ramme beskikbaar te stel en om met eerlikheid en integriteit ons stoet te hanteer.